Grondsuurheid word as ʼn oormaat waterstof-ione (H⁺) teenoor die hoeveelheid hidroksied-ione (OH⁻) in die grond gedefinieer en die stand van hierdie balans word in die pH van die grond gereflekteer.
Hierdie versuring word veroorsaak deur die volgende:
• Die gebruik van oormatig gereduseerde stikstof kunsmis.
• Verwydering van basiskatione deur die gewas.
• Die versnelde afbraak van grond- organiese materiaal as gevolg van
bewerking.
• Organiese en anorganiese sure wat tydens die afbraak van gewasreste
vorm.
• Waterstof (H+) wat die plant in die grond afskei.
• Loging as gevolg van hoë reënval.
• Suurreën.
Grondsuurheid en veral ondergrondse versuring is tans van die mees
aktuele onderwerpe met betrekking tot Suid-Afrikaanse graanverbouingsareas
en word aangevuur deur verkeerde of onvoldoende bekalkingspraktyke.
Kobus van Zyl van Omnia in samewerking met dr. Koos Bornman het by
FERTASA se werkswinkel oor grondsuurheid data voorgelê uit werk wat
hulle gedoen het. Daar is na 16 jaar se ontleding gaan kyk wat in die
Vrystaat getrek en ontleed is by Chemtech Laboratorium in Sasolburg.
Daar is meer as 100 000 monsters by die studie ingesluit. Daar is bevind
dat die pH (KCl) in alle bogrondmonsters met 4% gedaal het oor die 16
jaar tydperk. Verder is daar gevind dat die persentasie van suurversadiging
met ‘n skokkende 85% oor dieselfde tydperk toegeneem het.
Daar is ook na die verwante katione soos kalsium (Ca) en magnesium (Mg)
gekyk en daar is ‘n 16% afname in die Ca-vlakke en 20% afname in die
Mg-vlakke gevind.
Die studie het ook aangedui dat 31% van die ondergronde in die Vrystaat
en 22% van die ondergronde in die Noordwes se pH (KCl)-waardes tans
tussen 4 en 4,5 is en verder 13% en 6% onderskeidelik onder 4 is.
Hierdie is as te ware ‘n katastrofe vir die mielieproduksie in die Vrystaat
en Noordwes. Verhoogte mielieopbrengsmikpunte sonder die broodnodige
bekalkingsprogram het oortyd sy tol ge-eis. Die afname in grond
pH (KCl)-vlakke met gepaardgaande styging in % suurversdadiging en
afname in kalsium (Ca) en magnesium(Mg) is die bewys hiervan en moet
baie dringend aandag kry om volhoubaar te bly produseer.
Al meer produsente beweeg na stoppel- bewerkingspraktyke en selfs
geen bewerking. Hierdie praktyke word aangeneem om winderosie te
beheer asook om ‘n dek- of stoppellaag bo-op die grond te vorm om
die grond se oppervlakte teen die elemente te beskerm. Dit gesê, word
gronde nie meer geploeg en omgewerk nie.
Die inwerk van landboukalk is van kardinale belang om optimale werking
te kry en dit is reeds hieroor dat landboukundiges al meer van gips en
gips-/kalkmengsels gebruik maak om beweging van kalk te bewerkstellig.
Dr. Malcolm Sumner het al in 1989 navorsing gedoen in Florida, VSA, oor
die opbrengsverhogings wat verkry is deur gips met kalk te meng en
in die bogrond toe te dien. Daar is gevind dat die wortels baie beter
ontwikkel het waar gips by landboukalk bygevoeg is. Die grondstruktuur
het verbeter en opbrengste het verhoog. ‘n Verklaring vir hierdie
verbetering in die gewasprestasie is aan verskeie effekte toegedig.
• Toename in die kalsium (Ca)-inhoud van die ondergrond.
• Komplekse verbindinge tussen die aluminium, sulfate (SO4 ) en fluoried
(F) wat die toksiese Al3+ van die grond verminder.
• Die ioonuitruiling van SO4 vir hidroksiel-ione op die oppervlak van die
klei (seskwioksiedes).
• Verbinding tussen SO4 en Al wat Al minder toksies maak.
• Die fluoried in die gips verbind ook met Al3+ om sodoende die
toksiese Al in die oplossing te verwyder.
Groot gedeeltes van Suid-Afrika se graanverbouingsgebiede het egter
nie seskwioksied kleiminerale nie en dus sal selfbekalking nie plaasvind
nie. Hierdie dele sukkel egter met geweldige ondergrondse versuring.
In hierdie gronde sonder beduidende hoeveelhede seskwioksied kan
gips-/kalkmengsels gebruik word om die suurversadiging (suur op die
uitruilkompleks) van die ondergrond te verlaag deurdat dit kalsium tot die
grond toevoeg. Dit sal egter nie ’n betekenisvolle effek op die pH van dié
grond hê nie.
Wees egter versigtig wanneer gips-/kalkmengsels gebruik word.
• Gips het nie ‘n pH-werking nie en dus moet die kalkbehoefte bepaal
word en die gips wat dan bo-op die hoeveelheid kalk benodig
word bygesit word, byvoorbeeld, indien twee ton van ‘n spesifieke
kalk benodig word om die pH reg te stel en daar word van ‘n 80:20
mengsel gebruik gemaak, moet daar 2,4 ton mengsel toegedien word.
Indien dit nie so gedoen word nie sal die nodige pH-veranderinge nie
verkry word wat oor tyd onder bekalking sal plaasvind nie.
• Indien die bogrond nog nie op vlakke van 5 of selfs 5,5 pH (KCl) is nie,
moet die toediening van die gipsmengsel versigtig oorweeg word.
Indien die bogrond se pH nie op bevredigende vlakke is nie, moet dit
eers reggemaak word voor daar op die ondergrond gefokus kan word.
• Daar word oor die algemeen van 10%, 20% en 40% gipsbyvoegings
gebruik gemaak. Die landboukundige word gewoonlik gelei deur die
hoeveelhied ondergrondse suurversadiging wat herstel moet word om
te bepaal hoeveel gips bygevoeg gaan word. Wat hier egter belangrik
is, is om seker te maak wat die grond se Mg-status is. Indien die Mgvlakke
laag is moet die gips saam met ‘n dolomiet toegedien word om
die Mg wat moontlik afgeskop kan word, te kan vervang. Daar moet
ook dan groot fokus geplaas word op kaliumbemesting op die daaropvolgende
jaar.
Vir nommerpas kalkoplossings, skakel die Bastion-bemarkingspan
vandag:
• Dons Jordaan, bemarkingsbestuurder: 018 464 7828
• Lourens Swart, logistieke koördineerder: 018 464 7823
• Yolanda Steenkamp, verkoopskoördineerder: 018 464 7707
Grondsuurheid word as ʼn oormaat waterstof-ione (H⁺) teenoor die hoeveelheid hidroksied-ione (OH⁻)
in die grond gedefinieer en die stand van hierdie balans word in die pH van die grond gereflekteer.